NLU tree in by Omaheke waar boere tot 4 jaar vir hulle vee wag

Boere in die Omaheke-streek is ongelukkig omdat hulle vee, wat na rooftogte teruggevind is, op ‘n regeringsplaas gehou word. Hulle het nog nie hulle vee teruggekry nie en het ook nie toegang tot hulle nie. Sommige van die vee is glo al vier jaar op die plaas. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Wilfried Pack, die streeksafgevaardidge van die Namibiese Landbou-unie vir die Omaheke-streek. Hy sê daar is vertragings by die howe, daarom kan die diere nie aan die boere terugbesorg word nie.