Erasmus en sy manne is gereed
Krieket Namibië het sy groep van 16 spelers in die hoofstad gegroet by ‘n glans geleentheid. Die span vertrek Vrydag na die IKR T20 Wêreldbeker in die Wes-Indiese Eilande. Dit is die span se derde agtereenvolgende T20 Wêreldbeker. Die Namibiërs is saam met Australië, Engeland, Oman en Skotland in Groep B geloot. Die Eagles sal op 2 Junie teen Oman in hul openingswedstryd in Barbados speel. Kosmos 94.1 se Francois Lottering het met die spankaptein Gerhard Erasmus gesels… hy sê die span is opgewonde…
En krieket legende Laurie Peters is ook nader gesleep…