Help die ekonomie – bestee plaaslik
Verbruikers in Namibië is vasgevang in ‘n meedoënlose bekostigbaarheidstryd te midde van skynbaar nimmereindigende inflasiedruk, en kommoditeitspryse skiet die hoogte in. Die jaarlikse inflasiekoers vir April 2024 het op 4,8 persent gestaan. Die hoogste jaarlikse inflasie is gesien in die kategorieë ‘Ontspanning en kultuur’ met ‘n 8.3 persent verhoging; ‘Hotelle, kafees en restaurante’ was 8,2 persent hoër; ‘Alkoholiese drank en tabak’ het met 7,3 persent gestyg; ‘Vervoer’ het met 5,9 persent gestyg en ‘Kos en nie-alkoholiese drankies’ met 4,9 persent. Black Business Leaders Network se uitvoerende hoof, Elifas Simon, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels en sê mense moet hul geld plaaslik bestee.