Rabada uit IPL, maar daar’s hoop vir T20 Wêreldbekertoernooi
Krieket: Die Proteas hoop steeds die sterbouler Kagiso Rabada sal betyds fiks wees vir volgende maand se T20 Wêreldbekertoernooi in die Karibiese Eilande en Amerika, al het hy onttrek aan die res van die Indiese Premierliga. Hy het ‘n beenbesering opgedoen terwyl hy vir Punjab Kings gespeel het, maar Krieket Suid-Afrika sê hy het net sterk antibiotika en rus nodig. Die mediese span hou hom fyn dop. Die Proteas speel op 3 Junie hulle eerste Wêreldbekerwedstryd teen Sri Lanka in New York.