Bek-en-kouseer: Kunene wil vry verklaar word
Boere in die Kunene-streek vra vir die sonering van Kunene-Noord en sê die gebied is die afgelope 50 jaar vry van bek-en-klouseer. Die boere het voorgestel dat die verdeling van rooilyn-distrikte in verskillende porsies die regering se pogings sal ondersteun om bek-en-klouseer en ander siektes uit te roei. Die boere meen hulle wil ook toegang tot die markte in die kommersiële gebied Suid van die kordonheining hê. Maar, hulle voeg by dat alle opsies oorweeg moet word voordat die heining verwyder word en ook dat Kunene as onafhanklik aangewys moet word, aangesien dit vry van bek-en-klouseer is.