Diplomatieke gades in Windhoek hou basaar
Die Vereniging van Diplomatieke Gades het onderneem om vanjaar se ADS Jaarlikse Liefdadigheidsbasaar ‘n uitsonderlike geleentheid te maak. Die basaar is geskeduleer vir 18 Mei by die Nust Hotelskool. Die publiek kan uitsien na internasionale kuns en kunsvlyt, smul aan kulinêre genietinge, deelneem aan prettige aktiwiteite vir kinders, en kultureel verrykende vertonings geniet. Met die deelname van 29 diplomatieke missies sal die basaar ‘n lewendige viering van diversiteit en welwillendheid wees. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Matthias Geisler, die vereniging se president.