Krediet-skema wonderlik vir kleinsake
Bank Windhoek en die Namibië Spesiale Risiko-versekeringsvereniging, Nasria, het ‘n krediet waarborg skema-ooreenkoms ter waarde van 50 miljoen Namibiese dollar geloods. Die inisiatief is gerig op die bemagtiging van jeug en vroue in klein- en mediumgrootte ondernemings. Die skema verskaf broodnodige finansiële ondersteuning aan aspirant-entrepreneurs. Dit bevorder ook innovasie, werkskepping en ekonomiese groei. John Uusiku, besturende direkteur van Nasria, sê kleiner ondernemings ontbreek dikwels sekuriteit om lenings te bekom om uit te brei. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Danny Meyer van SMEs Compete, wat sê sulke skemas kan net goed wees vir die land.