Unam-salarisse is vertraag

Unam waarsku dat sy werknemers moontlik nie vandag hulle salarisse sal ontvang nie. Die universiteit betaal altyd op die 15de van die maand sy salarisse. Die instansie het die aankondiging aan personeel gedoen deur ‘n verklaring deur die pro-visekanselier vir finansies en administrasie, professor Ellen Namhila, wat om verskoning gevra het vir enige ongerief en belowe het dat betaling gemaak sal word sodra oplossing vir die probleem gevind is. Sy het geen rede vir die vertraging gegee of melding gemaak van wat die probleem is nie.