Koalisies is gevaarlik – Cyril
President Cyril Ramaphosa sê die ANC is versigtig om ‘n koalisieregering te vorm weens die risiko van onbestendigheid soos gesien op plaaslike regeringsvlak. Volgens peilings sal die ANC dalk nie meer as 50-persent van die nasionale stemme in die algemene verkiesing van 29 Mei verkry nie. Dit sal die regerende party noop om ‘n koalisie te vorm om die mag te behou. Ramaphosa het by die Progressive Business Forum in Centurion gesê koalisies is ‘n gevaarsone: