Ierland wil ouderdomsbeperking op tabak na 21 opstoot
Ierland beplan om die wettige minimum ouderdom om tabak te koop tot 21 te verhoog. Die konsep-wetgewing sal dit die hoogste ouderdomsbeperking in die Europese Unie maak. Regeringsamptenare sê die voorgestelde wet om die ouderdom van 18 af op te skuif is deur die kabinet goedgekeur. Letland het ‘n wet ingedien wat die minimum ouderdom in 2025 tot 20 opskuif. Die ouderdomsperk in die meeste EU-lande vir die koop van tabak en alkohol is 18 terwyl die perk vir albei in Amerika 21 is.