Handelstekort groei weer in Maart
Namibië se handelstekort het verder vergroot en 4,4 miljard Namibiese dollar in Maart bereik, 14,5 persent hoër as in Februarie. IJG Securities sê in ‘n ontleding dat op ‘n jaargrondslag het uitvoere met 18,6 persent in Maart gedaal terwyl invoere met 2,9 persent gestyg het. Die makelaarsfirma sê jaar tot datum het die handelstekort 10,4 miljard dollar bereik baie meer as die 5,6 miljard dollar wat in dieselfde periode verlede jaar aangeteken is. IJG sê verder daar is moontlik kommer oor die volgende paar maande omdat diamantverkope, wat by verre uitvoere domineer, moontlik kan daal as gevolg van dalende vraag.