Verkiesing 2024: Die dinge wat hulle kwyt raak
Die vise-president van Swapo, Netumbo Nandi-Ndaitwah, sê ‘n fout is in die 2019-verkiesing gemaak, aangesien die huidige Nasionale Vergadering nie produktief is nie weens ‘n gebrek aan meerderheidsverteenwoordiging deur Swapo. Sy het op ’n ontmoet-en-groet-sessie in Tsumeb aan partylede gesê die huidige parlement bestaan net uit beledigings en chaos. Die sewende nasionale vergadering bestaan uit 11 partye, met die regerende Swapo wat 63 setels het, gevolg deur die amptelike opposisie PDM met 16 setels en die LPM met vier setels. Die res van die partye deel die oorblywende setels. Reaksie is ontvang van Frederico Links, ‘n navorser by die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing, wat sê dat ‘n gebrek aan produktiwiteit nie na die 2019-verkiesing begin het nie, dis al lankal daar.
Links voeg by dat sulke stellings bloot verkiesingsretoriek is.