Josef Fritzl word na normale tronk geskuif
‘n Oostenrykse hof het beslis die land se mees berugte misdadiger mag na ‘n gewone tronk geskuif word. Josef Fritzl word sedert 2009 in ‘n inrigting vir geestelik-versteurde gevangenes aangehou, nadat hy skuldig bevind is omdat hy sy dogter, Elisabeth 24-jaar lank gevange gehou het en sewe kinders by haar gehad het. Die hof sê die 89-jarige-man, wat intussen sy naam verander het, is nie meer ‘n gevaar vir ander nie weens sy progressiewe demensie en fisieke swakheid. Elisabeth en haar ses oorlewende kinders het nuwe identiteite aangeneem.