Alweendo prys Afrika-lande se groenwaterstof-pogings
Minister van myne en energie Tom Alweendo sê die suksesvolle uitvoering van Namibië se Groen Industrialisasie-bloudruk kan meer as nege keer meer direkte buitelandse investering tussen nou en 2040 ontsluit, meer as ‘n kwartmiljoen werksgeleenthede skep en meer as 75 miljoen ton koolstofdioksied verminder. Hy prys ander Afrika-lande omdat hulle net soos Namibië die groenwaterstof-reis aangepak het. In ‘n verklaring wat by die Wêreldwaterstofberaad in Nederland gelewer is, sê Alweendo Namibië is beïndruk deur die pogings van Marokko, Kenia, Suid-Afrika en Mauritanië. Die African Green Hydrogen Alliance spog nou met 10 lede. Alweendo sê hierdie natuurlike hulpbron-begiftiging bied ‘n geleentheid om langdurige welvaart vir die kontinent se mense te lewer en intra-Afrika handel te bevorder.