Suid-Afrika, Israel weer vandeesweek by Internasionale Geregshof

Suid-Afrika en Israel kruis die week weer swaarde by die Internasionale Geregshof in Den Haag. Die Suid-Afrikaanse regering wil verseker nooduitsprake word teen Israel uitgevaardig om sy Rafah-offensief in die Midde-Ooste stop te sit. Volgens ‘n verklaring van die hof sal Suid-Afrika se regsverteenwoordigers hulle betoë Donderdag lewer gevolg deur die Israelse span die volgende dag. Pretoria het die hof vroeër vandeesmaand versoek om voorlopige maatreëls oor die inval in Rafah uit te reik, en gevra die hof moet Israel beveel om te onttrek en sy militêre offensief te staak.