Djokovic-oorwinnaar deur na Italiaanse Ope kwarteindronde
Tennis: Die sprokiesverhaal van Alejandro Tabilo van Chili duur voort op die Italiaanse Ope. Die wêreld nommer 32 het vandag deurgedring na die kwarteindronde in Rome toe hy die 16de gekeurde Karen Khachanov van Rusland in skoon stelle uitgeskakel het. Die 26-jarige Tabilo het die wêreld Sondag geskok deur die wêreld nommer een en sesmalige kampioen, Novak Djokovic van Serwië, uit te skakel. In ‘n ander wedstryd in die ronde van 16 moes Taylor Fritz van Amerika hard werk om Grigor Dimitrov van Bulgarye in drie stelle te troef.