Stapper Ray Sasman vertrek môre uit Keetmans

Ray Sasman van Swakopmund, wat besig is om die lengte van Namibië stap van die suide na die noorde, is tans in Keetmanshoop. Die staptog is om fondse in te samel vir die beoogde Narraville-jeugsentrum in Walvisbaai. Sasman, ’n geregistreerde masseerterapeut en akupunkturis, het op 1 Mei by Noordoewer begin stap. Sy sal more weer die pad vanaf Keetmans aandurf. Kosmos 94.1 Nuus het opgevang met Ray om te hoor van haar staptog sover.