ReconAfrica praat glo met gesplete tong op vergaderings

Maggy Shino, Namibië se petroleumkommissaris, het by die Namibië Internasionale Energiekonferensie gesê ReconAfrica het hom verbind tot die boor van een olie-eksplorasieput vanjaar in die Damara-vougordel. Meer sal daarna volg. Die put, die Naingopo-eksplorasieput, sal na verwagting in Junie geboor word. Kanadese menseregte-prokureurs versoek egter ‘n ondersoek na ReconAfrica weens beweerde menseregteskendings in Namibië. Kosmos 94.1-nuus het gepraat met Thomas Muronga, die Kapinga Kamwalye-bewaringsgebied in die Kavango-Oos-streek se voorsitter, oor die impak wat die boordery op die gemeenskappe sal hê.