Saaiboerdery wek kommer met -32% groei in 2023

Die Instituut vir Openbare Beleid sê in sy kwartaallikse ekonomiese oorsig die meeste sektore van die ekonomie het verlede jaar positiewe groei beleef. Die groot wenners was elektrisiteit en water, wat sowat 28 persent groei aangeteken het. Mynbou het byna 19 persent gegroei en en visserye 11 persent. Saaiboerdery het kommerwekkende negatiewe groei van sowat 32 persent geregistreer, en vervaardiging, negatiewe groei van byna 4 persent. Die swaar geteisterde konstruksiesektor sukkel ook om te herstel en die gesondheidsektor het geen groei getoon nie.