Dis hoekom Okahandja vir dae nie water gehad het nie

Okahandja-inwoners het verlede week vir drie dae ernstige waterprobleme ervaar. Skole, hospitale en ouetehuise was almal sonder water. Die probleme word toegeskryf aan Namwater wat ‘n pypleiding gebou het om die reservoirs wat normaalweg die dorp voed, te omseil. Dit het glo waterdruk-probleme veroorsaak wat die ou pype laat bars het. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Vincent Kariseb, die voorsitter van die dorpsraad, wat verduidelik waarom daar ‘n watertekorte was.