Namport se vraghantering vertoon weer beter
Namport het ‘n rekord 8 miljoen ton vrag gedurende die 2023-2024 finansiële jaar hanteer. Dit is 4 persent meer as die 7,7 miljoen ton vrag wat in die vorige boekjaar gehanteer is. Die groot bydraer was die uitvoer van goedere. Onder hierdie het grootmaat soutvrag met 10 persent gegroei, koperkonsentraat het met 12 persent gestyg, bevrore vis is op met 29 persent, mangaanerts het met 15,7 persent gestyg en marmervrag het met 41 persent toegeneem. Kosmos 94.1 News het met Elias Mwenyo, Namport se uitvoerende hoof van kommersiële dienste, gesels.