Die Grammy-bekroonde saksofoonspeler David Sanborn sterf op 78

David Sanborn is in die ouderdom van 78 oorlede.

Die Grammy-bekroonde saksofoonspeler het in sy loopbaan saam met musieklegendes soos Stevie Wonder, The Rolling Stones en David Bowie gespeel, maar is in 2018 met prostaatkanker gediagnoseer.

‘n Verklaring wat op sy Instagram geplaas is, lui: “Dit is met hartseer en swaar harte dat ons die verlies van internasionaal bekende, sesmalige Grammy-bekroonde saksofoonspeler, David Sanborn, aan u oordra. Mnr. Sanborn is Sondagmiddag, 12 Mei, oorlede na ‘n lang stryd met prostaatkanker met komplikasies.

David het polio in sy jeug opgedoen en saksofoon begin speel nadat ‘n medikus voorgestel het dat dit sy verswakte borsspiere kan versterk en sy asemhaling kan verbeter. Teen die laat 1960’s het hy by The Paul Butterfield Blues Band aangesluit.

Hy het saam met hulle by die Woodstock-musiekfees opgetree, maar later ‘n loopbaan op die jazz-toneel uitgekap en 26 solo-albums tussen 1975 en 2015 uitgereik.

Photo by Paul Natkin/Getty Images