Ellen DeGeneres is terug op Netflix met nuutste komedie

Die komediant en gewese geselsprogram-aanbieder, Ellen DeGeneres, keer later vanjaar terug na Netflix vir haar laaste skerpskets-vertoning – ses jaar ná haar laaste komedie, Relatable, Die spesiale vertoning is haar eerste sedert die einde van haar gewilde geselsprogram wat 19 seisoene lank uitgesaai is. Netflix se visepresident van die skerpskets- en komedieformaat, Robbie Praw, sê DeGeneres is enig in haar soort, en beskryf haar as ʼn legende en baanbreker. Sy skop ook op 19 Junie ʼn komedietoer af in San Diego, waarna sy in talle stede sal optree.