Biden bekragtig Amerikaanse verbod op Russiese uraan

Die Amerikaanse president, Joe Biden, het ‘n tweeparty-wetsontwerp onderteken om invoere van uraan uit Rusland wat hoofsaaklik in kernkrag-aanlegte gebruik word te verbied. Rusland, die wêreld se top verskaffer van verrykte uraan, voorsien nagenoeg 20-persent van al Amerika se kernbrandstof. Die verbod op invoere vir kragstasies tree oor 90 dae in werking. Die wetsontwerp bied tot 2028 kwytskelding aan nutsdienste wat hul kernreaktors sal moet sluit sodra die voorraad uit Rusland opgedroog het.