Wada vergader oor 23 Chinese swemmers

Die Wêreldagentskap teen Verbode Middels, Wada, sê hy hou Vrydag ʼn buitengewone vergadering om die saak van 23 Chinese swemmers te bespreek wat positief getoets het vir voorskrif-hartmedikasie. Die organisasie het in April onder skoot gekom nadat dit aan die lig gekom het die swemmers het voor die Tokio-spele in 2021 positief getoets vir trimetazidien, maar is steeds toegelaat om deel te neem. Die middel kan prestasie verhoog. Wada sê hy kon nie die Chinese Agentskap teen Verbode Middels se bevinding weerspreek dat die toetse weens besmetting misluk het nie.