Wat maak Shaningwa in Beijing?

Die aankoms van die Swapo-party se sekretaris-generaal Sophia Shaningwa en haar afvaardiging in Beijing het wenkbroue laat lig. Sy is op aankoms hartlik verwelkom deur die omstrede Chinese sakevrou Stina Wu, wat ook plaaslik baie sakebelange het. Die rede vir Shaningwa se besoek is tot op hede onbekend. Die nuus het groot kritiek uitgelok veral omdat Swapo sê hy het nie geld om ‘n kongres te hou nie en die party se belange in China is ook onbekend. Intussen sal ‘n reuse 64ste verjaarsdagpartyjie vir die party Saterdag op Mariental gehou word.