Rooilyn, nie abattoir-tekort nie, kry weer die skuld

Natangwe Ithete, voorsitter van die parlement se staande komitee op ekonomie sê die rooilyn moet verwyder word. Die komitee is tot 18 Mei in die noordelike dele na boere gekla het oor marktoegang. Daar is uitdagings met abattoirs wat sedert 2019 nog nie op dreef gekom het nie. Ithete sê sy opmerkings moet nie polities verkeerd vertolk word nie aangesien dit die gesamentlike siening van alle parlementslede is. Hy voeg by hulle weet nie wanneer die kordonheining verwyder gaan word nie, maar hulle verwag ’n besluit daaroor ná hul konsultasies.