Skietery by taverne in Mitchells Plain
Speurders van die Wes-Kaapse eenheid vir Ernstige en Gewelddadige Misdaad ondersoek ‘n skietvoorval in Mitchells Plain. Twee onbekende aanvallers het by ‘n taverne op ‘n groep mans losgebrand. Drie van die mans is dood en ses beseer. Die Wes-Kaapse LUR vir polisie-oorsig en gemeenskapsveiligheid, Reagen Allen, sê die beseerde slagoffers is in die hospitaal, met ‘n soektog na die verdagtes wat van stapel gestuur is. Hy sê bykomende magte is ontplooi in die bende-geteisterde gebied.