Hardapdam terug onder 12 persent water

Die Hardapdam het net 11,7 persent water, nadat die groenskema 664 000 kubieke meter die afgelope week getrek het. Naute by Keetmanshoop is op 45,9 persent en die Oanobdam by Rehoboth het 42,1 persent water. NamWater se weeklikse dambulletin wys die drie sentrale damme wat onder meer Windhoek voorsien het net 17,8 persent waterbronne oor. Von Bach is op 11,3 persent na water van Swakoppoort, wat op 34,7 persent staan, oorgedra is. Omatako is so te sê leeg op 0,2 persent. In die Ooste staan die totale bronne op ‘n skamele 3 persent. Die Otjiverodam het 4 persent water en die twee Viljoendamme by Gobabis is op 3,7 en 5,8 persent. In die Noorde staan die Olushandjadam op 39,2 persent.