Israel gedenk Onafhanklikheidsdag terwyl gevegte voortduur
Israel veg teen Hamas in Gaza, ook in die verre suide van Rafah, ondanks vermanings deur Amerika teen ‘n volskaalse inval in die digbevolkte stad, en die bedreiging van na-oorlogse anargie regoor die Palestynse gebied. Gevegte woed ook in die noordelike en suidelike gebiede van die beleërde Gazastrook, met Israel wat voorberei vir die somber herdenking van Onafhanklikheidsdag wat vannag begin. Die eerste minister Benjamin Netanyahu het op ‘n Gedenkdaggeleentheid gesê hulle onafhanklikheidsoorlog is nog nie verby nie. Israel herdenk môre sy Onafhanklikheidsverklaring in 1948.