Springbokke is massiewe uitdaging: nuwe Wallabies-afrigter
Rugby: Die nuwe Wallabies-afrigter Joe Schmidt berei voor vir sy eerste toetse aan die stuur. Die oud-afrigter van Ierland het Eddie Jones opgevolg, wat net twee van sy nege toetse kon wen en vir die eerste keer nie Australië na die Wêreldbeker-kwarteindstryd kon lei nie. Die Aussies verwelkom Wallis en Georgië in Julie voor hulle begin fokus op die Rugbykampioenskap, met twee tuiswedstryde teen Suid-Afrika. Schmidt sê die Springbokke sal ‘n massiewe uitdaging wees.