Naomi Osaka uitgeskakel in Rome
Tennis: Die voormalige wêreld nommer-een-speler, Naomi Osaka van Japan, is uitgeskakel in die ronde van 16 by die Italiaanse Ope. Die viermalige Grand Slam-kampioen, wat tot 173ste op die ranglys geval nadat sy sedert die geboorte van haar eersteling nie gespeel het nie, is in skoon stelle geklop deur die sewende-gekeurde Zheng Qinwen van China. Osaka was vir die eerste keer in drie jaar in Rome in aksie. Zheng kom in die kwarteindronde te staan teen of die derde-gekeurde Coco Gauff van Amerika of die ongekeurde Paula Badosa van Spanje.