Namibië wentel weg van Weste: ontleder
Iran se aankondiging dat hy ooreenkomste aangegaan het om onder meer ‘n olieraffinadery by Walvisbaai asook ‘n oliebergingsfasiliteit in Namibië te vestig, lok wyd reaksie uit. Kenners sê kan aan die een kant goed wees vir die land en ekonomie, en aan die ander kant tot groot nadele lei. Kosmos 94.1 Nuus het kommentaar gekry van professor André Duvenhage, ‘n Suid-Afrikaanse politieke ontleder, wat sê Namibië posisioneer haarself weg van die Weste.
Volgens Duvenhage wek dit kommer oor die geopolitieke verhoudings van Suider-Afrika.