April se reënval het uiters power vertoon

Die Namibiese weerdiens sê dat gedurende April 2024 het die hele land minder as 90mm reënval aangeteken. Net Otavi en Okondjatu in die Otjozondjupa-streek het onderskeidelik 110 en 103mm aangeteken. Oor die algemeen het die land, behalwe vir Kunene en Karas, ondergemiddelde reënval gedurende die maand ontvang. Die diens dui ook aan dat sedert Oktober verlede jaar het die groter meerderheid van Namibië tussen 25 en 75 persent van gemiddelde neerslae ontvang. Die gemiddelde temperature vir Mei tot Julie toon ook warmer weer met ‘n gemiddeld van tussen 12 tot 20 grade.