Dagga oorheers weer beslagleggings in April

Die Namibiese polisie sê hy het gedurende April dwelms ter waarde van amper 1,8 miljoen Namibiese dollar gekonfiskeer. Oudergewoonte was die meerderheid hiervan dagga met amper 1,67 miljoen dollar met net meer as 35 000 dollar se Mandrax waarop beslag gelê is. Kokaïen, beide stukkies en poeier ter waarde van 34 200 dollar is gevind. Die mag sê 150 verdagtes, waarvan 140 Namibiërs is, is aangekeer in die verband.