Ministerie sê oor NCA-abattoirs wat nie operasioneel is nie
Vier van die abattoirs en slagpale in die Noorde moet tans aandag kry om verligting vir die boere te bring. ‘n Staande komitee is op pad na die noordelike streke, die vier O-streke en die Kunene, na klagtes dat boere nie genoegsame bemarkingsgeleenthede vir hulle diere tydens die droogte het nie. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Jona Musheko van die landbouministerie oor die stand van sake.
Die EU het befondsing gegee vir die opgradering van die slagpale by Opuwo.
Beplanning vir die vleisverwerkingsaanleg en slagpale by Eenhana sloer steeds.