Meatco weerlê berigte oor sy verliese

Na navrae deur Kosmos 94.1 Nuus, het Meatco ‘n verklaring uitgereik en sê die berig in plaaslike media dat die maatskappy amper 260 miljoen Namibiese dollar, jaar tot datum, wat op 1 Januarie vanjaar begin het, se verlies aangeteken het. Meatco sê sy finansiële jaar sluit einde Januarie en sy ouditeurs is steeds besig met sy 2023-2024 syfers wat by die jaarvergadering, wat op 16 Augustus sal plaasvind, bekend gemaak word. Hy sê die artikel is voortydig en foutief.