Olyfolie sal prys sal skerp styg

Die prys van olyfolie sal oor die komende maande styg, ten spyte van ‘n verwagte goeie oes in Suid-Afrika, wat beteken verbruikers sal daaraan gewoond moet raak om meer as 300 Namibiese dollar ‘n liter op kleinhandelvlak te betaal. Spanje, die wêreld se grootste produsent het drie agtereenvolgende swak oeste gely weens droogte en uiterste hitte. Die Europese Kommissie sê olyfoliepryse het die afgelope jaar konsekwent gestyg en het sedert Januarie 2021 met 75 persent oor die hele Europese Unie gestyg. Die vooruitsig is nie goed nie: Spanje se weer-agentskap sê daar was ‘n massiewe toename in hittegolwe in dié land sedert 2015. Die tuiste van 40 persent van die wêreldwye olywe-oes, het uitset in Spanje met tot 50 persent van sy gewone 1,3 miljoen metrieke ton oes, gedaal. Pryse het ook die afgelope vier jaar in dié land byna verdriedubbel.