Amper 4 000 afleggings ontstel vakbond

Die Nasionale Mynwerkersvakbond sê die aflegging van 3 107 mynwerkers en sowat 915 kontrakteurs by Sibanye Stillwater is ontstellend. Die myn het onlangs ‘n Artikel 189-kennisgewing uitgereik waarin hy sy planne vir die aflegging van meer as 4 000 mense uiteensit. Die woordvoerder van NUM, Livhuwani Mammburu, sê die maatskappy het sedert 2013 duisende mynwerkers afgelê, met die uitsondering van 2021: