Cohen getuig vandag in Trump-saak

Oudpresident Donald Trump van Amerika se swyggeld-verhoor bereik vandag ʼn keerpunt wanneer sy voormalige prokureur, Michael Cohen, in New York getuig. Cohen het na bewering in opdrag van Trump in die weke voor die 2016-verkiesing ʼn betaling aan die gewese porno-ster, Stormy Daniels, gemaak. Dit was om haar stilswye te koop oor haar vermeende seksuele ontmoeting met die oudpresident. Hy sal getuig dat Trump hom terugbetaal het, maar die rekords vervals het om voor te gee die betalings is regsuitgawes.