Nog intelligensie-gedrewe operasie lei tot sukses

Die polisie op Outapi werk hard om die onwettige handel in wild en wildprodukte te bekamp. Volgens die weeklikse misdaadverslag het hulle daarin geslaag om twee mans, 28 en 32 jaar oud, te vang met ‘n ietermagô-vel. Volgens die mag was die arrestasie intelligensie-gedrewe en die twee het die vel aan geheime polisie te koop aangebied. Veediefstal het oudergewoonte ook verskyn met ‘n verdagte wat vandag in die Okakarara-laerhof sal verskyn oor die slag ‘n gesteelde bees.