Oos-Afrika se internet sukkel

Internetgebruikers in Kenia, Tanzanië, Rwanda en Uganda kla oor swak konnektiwiteit terwyl diensverskaffers regoor Oos-Afrika erken daar is ‘n probleem. Hulle sê hulle werk daaraan om dit reg te stel. Die swak diens is die gevolg van foute in die ondersese kabels wat die streek deur Suid-Afrika met die res van die wêreld verbind, volgens die bedryfskenner Ben Roberts. ’n Soortgelyke onderbreking is in Maart in dele van Wes- en Suider-Afrika ervaar. Cloudflare Radar, wat internetverbinding monitor, sê Malawi, Mosambiek en Madagaskar word ook geraak.