George-oorlewende bedank reddingspersoneel
Die 32-jarige man wat gered is na hy 116 uur onder die puin van die ineengestorte George gebou vasgekeer was, het sy dankbaarheid teenoor al die reddingspersoneel vir hulle onvermoeide pogings uitgespreek. Gabriel Guambe, wat as ‘n teellêer gewerk het, is gered na die woonstelblok Maandag ingetuimel het. Hy het wonder bo wonder slegs geringe beserings opgedoen en herstel baie goed in die hospitaal.