Twee Everest-rekords bly in die slag

‘n Britse bergklimmer en ‘n Nepalese gids het hul eie rekords gebreek vir die meeste bestygings van Everest, die wêreld se hoogste berg. Rakesh Gurung, direkteur van Nepal se toerisme-departement sê die 54-jarige Nepalese gids Kami Rita Sherpa het die 8 849-meter hoë piek vir die 29ste keer geklim. Die 50-jarige Kenton Cool van Brittanje hou die rekord vir buitelanders na sy 18de klim. Hulle was op aparte ekspedisies waar hulle kliënte gelei het. Albei klimmers het die Suidoosrif-roete na die kruin gebruik.