Daures kry windturbines vir krag, water

Die Daures groen-waterstof dorp naby Uis in die Erongo-streek het ‘n brief van voorneme met die Nederland-gebaseerde Delft Offshore Turbine, of DOT, onderteken om windturbines in die dorp te ontplooi. Die DOT Turbine is bekend vir sy vermoë om skoon water te produseer tydens energie-opwekking. Met ‘n verwagte tamatie-oes van ongeveer 400 ton hierdie seisoen, dien die dorp as ‘n belangrike navorsings- en bewys-van-konsep-fasiliteit vir Namibië se groenwaterstof- en groen ammoniak-ekonomieë. Die projek beoog aansienlike groei, en voorspel dat hy teen 2030 in sy vierde fase tot 700 000 ton groen ammoniak sal kan uitvoer.