Ten minste 315 dood in Afghanistan-vloede
Afghanistan se ministerie vir vlugtelinge sê die dodetal weens oorstromings in die noorde van die land staan tans op 315, met meer as 1 600 mense wat beseer is. Kitsvloede na swaar reën het duisende huise beskadig en vee laat verdrink. Humanitêre organisasies sê gesondheidsorg-fasiliteite en noodsaaklike infrastruktuur soos water is deur die vloede beskadig. Afghanistan is geneig tot natuurrampe en word deur die Verenigde Nasies beskou as een van die lande wat die kwesbaarste is vir klimaatsverandering.