Junior Bokke sit Argentinië ore aan in Queensland

Rugby: ‘n Strafskop in die doodsnikke van die wedstryd deur Philip-Albert van Niekerk het vanoggend ‘n eerste sege aan die Junior Springbokke teen Argentinië in hulle laaste U20 Rugbykampioenskaps-kragmeting besorg. Die Baba-Bokke het van ‘n agterstand van 14-punte in die eerste helfte teruggeveg om Los Pumitas in Queensland met 30-28 te klop. Die driedrukkers was die senter Jurenzo Julius, die stut Casper Badenhorst, en die kaptein Zachary Porthen. Nieu-Seeland en die gashere Australië pak mekaar later vandag in die laaste wedstryd van die toernooi.