Cosatu prys Hisense vir R1 miljard beleggingsverbintenis

Cosatu sê die massiewe beleggingsverbintenis van een-miljard Suid-Afrikaanse rand van Hisense oor die volgende vyf jaar sal werksgeleenthede verseker en ook nog geleenthede oor die hele waardeketting skep. Hisense, ‘n wêreldreus in elektronika, het sedert die opening van sy Atlantis-aanleg aan die Weskus in 2013, stelselmatig sy voetspoor vergroot. Matthew Parks van Cosatu sê die maatskappy het nou 1 300 werknemers en steun 20 000 werkers in die waardeketting.