Nadal uit die Italiaanse Ope
Tennis: Die wêreld se nommer nege Hubert Hurkasz het Rafael Nadal uit die Italiaanse Ope geboender. In wat waarskynlik die Spanjaard se laaste verskyning in Rome is, is die 37-jarige Nadal met 6-1, 6-3 in slegs 93 minute deur die Poolse speler uitgeskakel. Nadal, ‘n tienmalige wenner in die Italiaanse hoofstad, het aangedui 2024 gaan moontlik sy laaste seisoen wees. Die 14-malige Franse Ope-kampioen moet nog besluit of hy vanjaar op Roland Garros gaan speel. Die toernooi begin op 26 Mei.