George-ramp dodetal styg tot 15

Die reddingsoperasie op die toneel van die ingetuimelde gebou in George gaan sy sewende dag binne. Teen vroeg vanoggend het die dodetal tot 15 gestyg nadat nog ‘n liggaam opgespoor is, met nog 14 pasiënte wat steeds in die hospitaal is. Van die 81 mense wat op die perseel was toe die ramp Maandag gebeur het, is 44 gered en 37 word steeds vermis.